#004
In 2006 het ek Verkeer op die Woordfees gesien. Dit was my kennismaking met die werk van Saartjie Botha, een van Suid-Afrika se voorste teaterskeppers.
Intussen kon ek verlief raak op haar werk en werkswyse, die absolute deernis waarmee sy mense hanteer en die enorme bydra wat sy tot die Suid-Afrikaanse teater lewer. Haar nuutste skepping, Balbesit, open op vanjaar se KKNK met regie deur Jaco Bouwer. Vir meer inligting, kliek hier en hier.
Wat beskou Botha as die belangrikste ding in teater? Moeite, sê sy. “In teater is moeite nooit verniet nie.”