Skrywer: Afrikaansvatter

Skryf. Lees. Fotografie. Videospeletjies. Ens. Ens.

Korreltjie sand

20 Augustus 2013 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

Wyse-Woorde-Woensdag

20 Maart 201320 Maart 2013 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

#004 In 2006 het ek Verkeer op die Woordfees gesien.  Dit was my kennismaking met die werk van Saartjie Botha, een van Suid-Afrika se voorste teaterskeppers. Intussen kon ek verlief raak op haar werk en werkswyse, die absolute deernis waarmee sy mense hanteer en die enorme bydra wat sy tot die Suid-Afrikaanse teater lewer.  Haar nuutste … Continue reading Wyse-Woorde-Woensdag

Die beste brief wat ek ooit ontvang het

18 Maart 201319 Maart 2013 ~ Afrikaansvatter ~ 2 Comments

Miemie:  ’n ode aan ’n ander ouma My ouma is op ’n Maandagoggend oorlede.  Ek was nege en besig om die knope van my wit skoolhemp vas te maak toe Tannie Mien inkom en sê “Ouma is weg”. Later daardie dag is ek teruggestuur huis toe waar Tannie Mien, ouma se suster, meer Rembrand van Rijns … Continue reading Die beste brief wat ek ooit ontvang het

Altyd anoniem; soms antoniem

16 Maart 201316 Maart 2013 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

An(t)oniem deur Philip Rademeyer & Penelope Youngleson, met Jaco Nothnagel en Maryke Nel.  Regie deur Philip Rademeyer. Een van die geheime hoogtepunte op die US Woordfees vanjaar was An(t)oniem – ’n klein show oor twee mense wat in die 21ste eeu liefde nie vind nie. Ontmoet vir Jakob.  Met ‘n J, anders is dit Kakob.  Dit … Continue reading Altyd anoniem; soms antoniem

Driving Dr. Doep

13 Maart 201316 Maart 2013 ~ Afrikaansvatter ~ 1 Comment

Wyse Woorde Woensdag met Suid-Afrika se voorste storieverteller Hierdie post bevat taalgebruik wat sensitiewe lesers mag ontstig. “Wat ook al jy doen, noem hom net dr. Du Plessis,” sê HW Gordon nadat ons uitgevind het PG du Plessis moet van een gastehuis na ’n ander trek.  Dis Woensdag op die Woordfees en dinge in die … Continue reading Driving Dr. Doep

Diep in ’n donker BOS

12 Maart 201312 Maart 2013 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

BOS deur Malan Steyn.  Regie & ontwerp:  Marthinus Basson.  Met Stian Bam en ander.  'n TEATERteater en US Drama-produksie in samewerking met die US Woordfees. Right of passage.  Vandag se kinders ken dit nie.  Daarom bied Kamp Koershou die geleentheid vir seuns en dogters om mamma se handjie te los, die iPod touch saam met … Continue reading Diep in ’n donker BOS

Kuifie in die kollig

15 November 201216 November 2012 ~ Afrikaansvatter ~ 2 Comments

7 redes waarom Kuifie koe(ë)l is Vanjaar kon ek al die Tintin-boeke aanskaf en saam met die wêreldberoemde jong joernalis (wat nooit sit en skryf nie...) sy 24 avonture herlees en herleef.  Daar is 7000 redes waarom ek dol is oor Tintin, maar dit bêre ek vir ’n ander keer...  Hier is 7 redes hoekom … Continue reading Kuifie in die kollig

Wyse-Woorde-Woensdag

14 November 201214 November 2012 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

#002 Maandag, 12 November sou die franse beeldhouer Auguste Rodin 172 jaar oud gewees het.  Rodin, wat Maandag met 'n Google-doodle vereer is, is bekend vir sy rebelse benadering tot die beeldhoukuns. Een van sy bekendste werke, The Thinker, was inderdaad ook my keuse as deel van Wyse-Woorde-Woensdag se logo.  En in wat Google as … Continue reading Wyse-Woorde-Woensdag

’n Rit tot in die ander kant

12 November 201212 November 2012 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

Die keer toe ons by Kerkorrel was  "Hoekom sit mense altyd wit kruise op grafte?  Ek's te fokken onheilig daarvoor.  Ek sal seker maar moet settle vir 'n houtkruis."  Lee sê dit matter-of-factly.  Dis ’n grys dag en koud en niemand antwoord vir Lee nie, maak net jasse digter en draai serpe stywer.  “Dit moet … Continue reading ’n Rit tot in die ander kant

Jakkals trou met Wolf se vrou

11 November 201216 November 2012 ~ Afrikaansvatter ~ Leave a comment

Gelukkig het ons sambrele gevat toe Francois en Charlene by ons kom kuier het.  Met die indraai in Dorpstraat bars die hemel oop en ons hou troue al die pad Gino's toe.

Artikels navigasie

Ouer bydraes
Afrikaansvatter
Proudly powered by WordPress Theme: Penscratch 2.
 

Loading Comments...