Rugbyballe en breiwerk op Kaapstad se kunsfront Vroeër hierdie week was ek by die opening van ’n uitstalling deur UNISA se Visuele Kuns-finalejaars. Dié uitstalling, wat tot 17 November in die Lovell-galery in Woodstock te sien is, bied ’n interessante kunservaring vir almal en bevat onder andere die werk van ’n vriend van my, Pierre … Continue reading ’n Besoek aan die Broederbond
Skrywer: Afrikaansvatter
Die geval van die gunsteling band
Small talk among the Stars Dis die een vraag wat ek regtig haat. “Wat is jou gunsteling band?” Wanneer dit gevra word, is jy, of: a) op ‘n eerste date, b) sopas voorgestel aan vriende van vriende se vriende of c) besig om met jou studieleier oor alles behalwe jou tesis te praat. Hopelik nie … Continue reading Die geval van die gunsteling band
Die wêreld volgens Wijnberg
'n Ode aan honde wat heengaan Vanjaar kon ek, dansky 'n wonderlike beurs van die Van Ewijck-stigting, 'n honneurskursus in Moderne Nederlandse Poësie onder doktor Alfred Schaffer (self 'n bekende Nederlandse digter) doen. My Nederlands het skaars verby die "ik ben jij bent"-fase gestrek, en my kennis van die Lae Lande se letterkunde was gebrekkig, … Continue reading Die wêreld volgens Wijnberg
Ons boere(hoof)meise se brûebrandery
Sunette Bridges en die “familie” vir wie ons skaam kry By my groot-oupa Piet se begrafnis sit daar so blonde krulkopvrou in die banke voor ons. Sy het ’n rooi rok aan wat deur haar boobs bogehou word. Ek dink eers dis my verbeelding, maar by die tee op die plot in Muldersdrif anderkant Krugersdorp … Continue reading Ons boere(hoof)meise se brûebrandery
Die vreeslike mooi verlies
Song of Achilles deur Madeline Miller “Books make great gifts because they have whole worlds inside of them. And it's much cheaper to buy somebody a book than it is to buy them the whole world!” ― Neil Gaiman Neil Gaiman het iets beet met dié gedagte, want boeke sluit beslis die deure na ander … Continue reading Die vreeslike mooi verlies
Die grootse avontuur
'n Reisverhaal, in sewe dele Twee bakkies en ʼn witterige Avanza stop vir petrol en 13 studente moet pie. Dis 2 Julie 2008 en my broer verjaar 3,227 kilometer terug. Ons is vuil en veilig in Mangochi, ʼn township-town in die suide van Malawi. Die grootste avontuur het pas begin. I. Die eerste ongeluk Ons … Continue reading Die grootse avontuur
Wyse-Woorde-Woensdag
#001 Die wysgeer van die week is digter Dirk Opperman. Sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde - nie net as digter nie, maar ook as kritikus en samesteller - is enorm. Hierdie woorde kom uit sy versdrama Vergelegen (1956) en is spesiaal vir almal wat nou die boeke optel. Sterkte met die eksamens!
As jy lus is vir lekker eet*
* kodewoord In ʼn ou huis op die hoek van Ryneveld- en Kerkstraat was Beads, ʼn populêre restaurant wat, as ek nou terugdink, nooit regtig vol was nie. Dit was ʼn groot plek met ‘n ruim, duur spyskaart en so deel van Stellenbosch soos vaksleep en vry-in-Die-Laan. “Was” is hier die sleutelwoord, want Beads is … Continue reading As jy lus is vir lekker eet*
Welkom, Kansvatters!
Dieselfde Afrikaansvatter (net baie anders) Afrikaansvatter dra deesdae ’n ander baadjie. Dié verandering kom moontlik weens ’n skuldgevoel dat ek die blog bietjie afskeep, maar beslis as gevolg van ’n onlangse gesprek wat ek met ’n blogger gehad het. “Skryf elke dag. Al is dit net ’n foto wat jy post. Doen dit vir jouself, … Continue reading Welkom, Kansvatters!
Die keer van die konfyt
Hulle is danksy Robert Atkins en Patrick Holford – of dalk weens die resessie – deesdae skaars, maar hulle bestaan steeds. Daardie vet, kwaai tannies wat op kerkbasaars klets, koeksusters koop en met kinders raas wat roomys op hul klere mors. En as die dominee verbykom, wonder hulle hardop wat die Skrif sê, want agter … Continue reading Die keer van die konfyt