#004 In 2006 het ek Verkeer op die Woordfees gesien. Dit was my kennismaking met die werk van Saartjie Botha, een van Suid-Afrika se voorste teaterskeppers. Intussen kon ek verlief raak op haar werk en werkswyse, die absolute deernis waarmee sy mense hanteer en die enorme bydra wat sy tot die Suid-Afrikaanse teater lewer. Haar nuutste … Continue reading Wyse-Woorde-Woensdag
Kategorie: Mense
posts oor mense
Die beste brief wat ek ooit ontvang het
Miemie: ’n ode aan ’n ander ouma My ouma is op ’n Maandagoggend oorlede. Ek was nege en besig om die knope van my wit skoolhemp vas te maak toe Tannie Mien inkom en sê “Ouma is weg”. Later daardie dag is ek teruggestuur huis toe waar Tannie Mien, ouma se suster, meer Rembrand van Rijns … Continue reading Die beste brief wat ek ooit ontvang het
Driving Dr. Doep
Wyse Woorde Woensdag met Suid-Afrika se voorste storieverteller Hierdie post bevat taalgebruik wat sensitiewe lesers mag ontstig. “Wat ook al jy doen, noem hom net dr. Du Plessis,” sê HW Gordon nadat ons uitgevind het PG du Plessis moet van een gastehuis na ’n ander trek. Dis Woensdag op die Woordfees en dinge in die … Continue reading Driving Dr. Doep
Wyse-Woorde-Woensdag
#002 Maandag, 12 November sou die franse beeldhouer Auguste Rodin 172 jaar oud gewees het. Rodin, wat Maandag met 'n Google-doodle vereer is, is bekend vir sy rebelse benadering tot die beeldhoukuns. Een van sy bekendste werke, The Thinker, was inderdaad ook my keuse as deel van Wyse-Woorde-Woensdag se logo. En in wat Google as … Continue reading Wyse-Woorde-Woensdag
Die wêreld volgens Wijnberg
'n Ode aan honde wat heengaan Vanjaar kon ek, dansky 'n wonderlike beurs van die Van Ewijck-stigting, 'n honneurskursus in Moderne Nederlandse Poësie onder doktor Alfred Schaffer (self 'n bekende Nederlandse digter) doen. My Nederlands het skaars verby die "ik ben jij bent"-fase gestrek, en my kennis van die Lae Lande se letterkunde was gebrekkig, … Continue reading Die wêreld volgens Wijnberg
Ons boere(hoof)meise se brûebrandery
Sunette Bridges en die “familie” vir wie ons skaam kry By my groot-oupa Piet se begrafnis sit daar so blonde krulkopvrou in die banke voor ons. Sy het ’n rooi rok aan wat deur haar boobs bogehou word. Ek dink eers dis my verbeelding, maar by die tee op die plot in Muldersdrif anderkant Krugersdorp … Continue reading Ons boere(hoof)meise se brûebrandery
Wyse-Woorde-Woensdag
#001 Die wysgeer van die week is digter Dirk Opperman. Sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde - nie net as digter nie, maar ook as kritikus en samesteller - is enorm. Hierdie woorde kom uit sy versdrama Vergelegen (1956) en is spesiaal vir almal wat nou die boeke optel. Sterkte met die eksamens!