Dieselfde Afrikaansvatter (net baie anders) Afrikaansvatter dra deesdae ’n ander baadjie. Dié verandering kom moontlik weens ’n skuldgevoel dat ek die blog bietjie afskeep, maar beslis as gevolg van ’n onlangse gesprek wat ek met ’n blogger gehad het. “Skryf elke dag. Al is dit net ’n foto wat jy post. Doen dit vir jouself, … Continue reading Welkom, Kansvatters!
Kategorie: Skrywery
post oor skrywery
Die keer van die konfyt
Hulle is danksy Robert Atkins en Patrick Holford – of dalk weens die resessie – deesdae skaars, maar hulle bestaan steeds. Daardie vet, kwaai tannies wat op kerkbasaars klets, koeksusters koop en met kinders raas wat roomys op hul klere mors. En as die dominee verbykom, wonder hulle hardop wat die Skrif sê, want agter … Continue reading Die keer van die konfyt
Brink en die ratkas se binnekant
Daai ou BMW’s wat spesiaal laer gemaak is, jy weet, met die wollerige dobbelstene wat aan die truspieëltjie hang en wat bykans geen kattebak het nie, want die boombox moet iéwers inpas sodat jou aankoms reeds myle vooruit in lae frekwensies deur die lywe van niksvermoedende verbygangers kan fibrilleer. Wel, ek was eendag ’n passasier … Continue reading Brink en die ratkas se binnekant
Breinstrek vir beginners
NIE 'n pleidooi om die e-pos "uit die rektor se kantoor" te lees nie Lees jy ooit die rektor se vonkpos? Jy weet, daardie e-pos wat “uit die rektor se kantoor” sporadies in jou inbox beland en vir ʼn wyle ongelees lê voordat dit met die kliek van ʼn knoppie finaal vernietig word? As jy … Continue reading Breinstrek vir beginners
Huismaats van hel
Wanneer jou eie huis nie meer veilig is nie Almal ken stories oor huismaats van hel. Jy moes sekerlik al luister hoe iemand gebiets het oor daardie één persoon wat hulle wil terugstuur na Satan toe. En dat hulle nie kan nie, want huur is duur en saamleef is tydelik. In Junie/Julie 2011 het ek … Continue reading Huismaats van hel
Waarom doen jy wat jy doen?
(of: Ses woorde wat jou lewe verander) Onlangs, in ’n poging om ’n koerant te lees waarin Julius Malema nie verskyn nie, blaai ek deur die Financial Times. Op hierdie stadium is dit belangrik dat jy die volgende van my moet weet: Ek het in graad 10 Rekeningkunde vir Aardrykskunde gelos, ná matriek BSc gestaak … Continue reading Waarom doen jy wat jy doen?